Henning & Simone &

Wedding date: 
Friday, 7 May, 2010 - 16:00
Wedding venue: 
Cussonia Cress

Hoe pragtig!

Aan Simone, die beeldskone, vriendelike dame wat my in die lug geselskap hou,
Ek het nou net so paar fotos gesien, maar ek kry dadelik die gevoel dat dit 'n baie spesiale, mooi en geseende dag was. Die fotos is pragtig verby!!!
Mag julle daagliks God se seen oor julle huwelik ervaar van nou af tot in die hemel.
Baie geluk

Salome

Wow!

Henning en Simone,

Weereens baie geluk met julle spesiale dag! Julle het stunning gelyk en ons is bly ons kon die lekker dag saam met julle deel. Ons kan nie wag om die res van julle fotos en julle album te sien nie! Ek weet sommer julle album gaan een van julle kosbaarste besittings wees!

Estelle, jy het (weereens) stunning fotos geneem! Jy het 'n besonderse talent en al jou fotos is wow!

Liefde,

Craig en Louise

Louise

Dankie vir die kompliment! xx

ONGELOOOOFLIK!!!!!

Estelle,
Ons is sprakeloos...!! Hierdie is soveel meer as wat ons ooit voor kon vra en hoop...en dis slegs n voor-smakie!! Ons is so opgewonde oor die res en kannie wag tot ons die hard copy kan vashou en ons dag weer herleef deur jou onbeskryflike foto`s nie! Dankie dat jy soveel moeite gedoen het, ons heeltyd op ons gemak gehou het en ons spesiale dag so mooi kon vasvang op film. Jys die beste! Ons gaan dit verseker oor en oor herleef te danke aan jou!!!

Liefde groete
Henning en Simone

xxx

Dit was maklik!

Mooi mense, mooi lig, mooi geleentheid! Wat meer kan mens vra? Ek sien baie uit daarna om nou julle album te ontwerp.

Oe, hoe wens ek mens kon die horlosie 'n week terugdraai!

Sjoe! Die foto's lyk so stunning, kan nie wag vir die hele album nie!! Dit was darem so 'n fantastiese troue en julle het so, so mooi gelyk. Alles was absoluut volpunte. Thanks daarvoor. Vertrou die witebrood was net so fantasties as wat die troue was?

Weereens: 'n wonderlike lewe saam vir julle toegebid, met al Sy seën, vreugde, voorsiening en liefde wat heeldag hoogty vier. LUL Die Skinners

Henning & Simone

Maggies, maar julle lyk stunning! Dankie dat ons kon deel hê aan julle wonderlike dag, en dankie Estelle vir jou proffesionele en onkonvensionele foto's! Ons kan nie wag vir die res nie. Lief julle. Vis en Beentjies

Wow, great foto's! Weereens

Wow, great foto's! Weereens baie geluk en baie dankie vir die voreg om deel te kon hê aan julle spesiale dag! Ons bid vir julle genade (opgehoop) op genade, voorspoed (opgehoop) op voorspoed, geluk (opgehoop) op geluk en guns (opgehoop) op guns toe vir elke dag. Baie Liefde, Jako & Marlize

HENNING & SIMONE SE TROUE.

HENNING & SIMONE ONS WIL NET WEER VIR JULLE BAIE GELUK SE EN ONS HOOP JULLE GAAN N BAIE GELUKKIGE HUWELIK HE . BAIE LIEFDE PAPPA EN MAMMA

Wow, jul fotos lyk awesome!!!

Wow, jul fotos lyk awesome!!! Julle is so 'n stunning paartjie en jul troue was uit die boonste rakke. Hoop julle twee gaan jare se pret en plesier saam deel. Tonne liefde. Die Brand's

Invite a friend

Recommend EVL Photo to: